Your search results

Wegbreek Blue Horizon Bay

Posted by SebastiaanL on April 14, 2017
| 0

Wegbreek is ‘n ruim dubbelverdiepinghuis in Blue Horizon Bay wat slaapplek vir 10 gaste bied.

Dié huis het 4 kamers en 3 badkamers. 3 van die kamers het dubbelbeddens en die derde kamer het ‘n tripel-stapelbed met ‘n dubbelbed onder en ‘n enkelbed bo. Die 3 badkamers het elkeen ‘n bad en stort en 2 van die kamers het ‘n en suite-badkamer.

Die kombuis is toegerus met ‘n gasstoof, oonde, Snappy Chef, mikrogolfoond en ‘n yskas-vrieskas. ‘n Skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien is ook beskikbaar. Gaste kan hul maaltye by die eetkamertafel geniet of in 1 van die 2 sitkamers ontspan wat albei ‘n TV met DStv, en ‘n DVD-speler het.

Wegbreek het ‘n swembad en 2 braai-areas: 1 voor die huis en 1 agter die huis. Die huis het ‘n alarm en veilige parkeerplek is in die motorhuis beskikbaar. Daar is nog 2 parkeerplekke voor die motorhuis. Die eenheid word daagliks skoongemaak. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Daar is verskeie voetslaan- en fietsryroetes in die omgewing en Wegbreek is stapafstand van die strand af. Die plaaslike winkel verkoop als wat jy nodig het en Wegbreek is net 30 km van Port Elizabeth se verskeie winkelsentrums en die Boardwalk Casino af.

Vanaf R1 180 per nag (vir 2 mense)

  • Tipe Selfsorg.
  • Kapasiteit 10.
  • Inkloktyd 14:00 to 19:00.
  • Uitkloktyd 10:00.
  • Hyacinth-weg 50, Blue Horizon Bay,6070, Oos-Kaap.
  • Alle Ouderdomme Welkom.

Hier praat ons Afrikaans

Kenmerke

  • Afrikaans
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte Toilet
  • Stort

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroeër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  • DVD
  • TV

Belasting en Ekstras

Unfortunately, pets are not allowed.
Please note a breakage deposit of R500 is payable and will be refunded after 7 days if all is in order.
The unit will be serviced daily.

Kansellasiebeleid: Streng

1 maand voor die inklokdatum

  • 50% van jou deposito is terugbetaalbaar indien jy 1 maand of meer voor jou inklokdatum kanselleer.

2 weke voor die inklokdatum

  • 25% van jou deposito is terugbetaalbaar indien jy tussen 1 maand en 2 weke voor jou inklokdatum kanselleer.
Minder as 2 weke voor die inklokdatum
  • 0% van jou deposito is terugbetaalbaar indien jy minder as 2 weke voor jou inklokdatum kanselleer.

Compare Listings